Adele Reynders

关于作者

Adele Reynders is 'n kunstenaar en skryf gereeld boeke omdat daar soveel stories is om te vertel (partykeer sonder die omhaal van te veel woorde - Te veel detail kan regtig vervelig raak - persoonlike opinie) Sy behaal haar BA Graad deur UNISA met Kommunikasiekunde, Kommunikasiereg en Kunsgeskiedenis as hoofvakke en Suid-Afrikaanse Argeologie as 'n groot belangstellingsvak. Sy skryf dikwels romantiese fiksie. Maar om oor die avonture van Clarissa Clairvoyant te skryf le haar na aan die hart. Clarissa het die gawe het om in 'n ander dimensie te kan sien. Spookstories fassineer die skrywer. En humor. Mense moet lag om gesond te bly. Adele Reynders se liefdesverhale is gemik op die 35+ groep. Gewone mense, soos ek en jy. Die held en heldin kon jyself gewees het. Hulle is aantreklik, maar nie beeldskoon en brandmaer nie. Is al deur die meule, was miskien tevore getroud, is nie skatryk nie, maar beslis nie versukkeld nie. Oulike mense wat jou vriende en vriendinne word, terwyl jy hulle liefdesverhaal saam met hulle beleef.

阅读完整简历

书籍

我们找不到与这些筛选器相匹配的内容

买家还购买了以下作者的作品