Rika du Plessis het as plaaskind op Riversdal gewoon en haar eerste skooljare was in verskeie plaasskole. Verder grootgeword in Wolseley, en in Tulbagh getrou. Kinders grootgemaak in Somerset-Wes. Sy woon in Phalaborwa saam met haar man, Gys. Rika het in haar kinderjare al lugkastele van haar en skryfdinge gebou. Sy het 'n skryfdiploma verwerf, maar die skryfdroom het eers baie jare later waar geword na sy haar eerste man aan die dood afgestaan en haar kinders grootgemaak het. Haar skryfliefde lê in die liefde en dit is dan ook waaroor haar boeke gaan, maar saam met die normale kinkels wat in die werklik lewe ook bestaan. Sy glo dat elke mens opregte liefde in sy of haar lewe gegun moet word al gebeur dit ook eers laat in die persoon se lewe, en na die persoon dalk heelwat ongelukkighede beleef het. Sy sal graag wil aanhou skryf solank die Vader haar 'n helder verstand gee. By Lapa Uitgewers het sy reeds 67 romanses gepubliseer en by Hartbees Uitgewers ses romanses met 'n tikkie speur en spanning.Sy het ook etlike e-boeke gepubliseer wat nie in boekvorm uitgegee is nie. Sy wil egter graag haar liefdesverhale skryf soos mense dit in die werklike lewe ervaar, met swaarkry, soms wreedheid ingesluit, maar tog met gelukkige eindes. Sy glo die lewe is nie net altyd maanskyn en rose nie, maar dat mense hulle leefwyse kan verander en geluk beleef. Sy het 23 jaar lank kleuterverhaaltjies geskryf vir 'n Christelike jeugblad. Rika is 'n natuurliefhebber en diere is vir haar baie spesiaal. Sy spandeer graag tyd aan voëlkykery wanneer sy tyd het.
阅读完整简历